Inwonende Hoof en Fasiliteerder
Ons klient bied 'n opwindende geleentheid vir 'n inwonende Hoof en fasiliteerder. Hulle is opsoek na die beste inwonende hoof in die land. ‘n Kandidaat met ’n passie vir die opleiding van die jeug, uitsonderlike mensevaardighede, en die dryfkrag om ’n opwindende instelling te help vestig. Die sentrum is op ‘n historiese plaas wat die eerste amptelike Afrikaanse skool gehuisves het en is in Klapmuts/Paarl omgewing geleë. Verblyf vir die posisie word ook op die perseel verskaf.
Vereistes
• Relevante onderwys- of taalkwalifikasie.
• Ervaring as onderwyser of fasiliteerder, of ervaring in koshuisomgewing.
• Ondervinding om met kinders of tieners te werk, bv. onderrig, mentorskap of jeugleierskap.
• Ondervinding in afrigting van lewensvaardighede soos kommunikasie, konflikoplossing, of soortgelyke vaardighede sal voordelig wees.
• Geldige noodhulpopleiding.
• Vertroud met hantering van noodgevalle, konflikte of uitdagende gedrag, en vermoë om die situasie kalm en regverdig aan te spreek.
• Uitstekende kommunikasievermoë in Afrikaans en Engels.
• Vermoë om effektief te kommunikeer met kinders, ouers en personeel.
• Vermoë om groepe studente te lei en toesig te hou.
• Respek vir en begrip van diverse kulturele agtergronde.
• Innemende en gemoedelike persoonlikheid.
• Bereidwillig om aan te pas by uiteenlopende werksure en verantwoordelikhede.
Verantwoordelikhede
• Daaglikse toesig en bestuur van skedules vir kinders.
• Monitor kinders se fisiese gesondheid en bied mediese bystand soos nodig.
• Handhaaf uitnemende standaarde.
• Bestuur personeel.
• Doeltreffende bestuur van kursusskedules, -aktiwiteite en -assesserings.
• Lewer interaktiewe en praktiese sessies wat aktiewe deelname aanmoedig.
• Lei kinders in die identifisering van hul leierskapstyle en lewensvaardigheidsbehoeftes.
• Fasiliteer groepaktiwiteite, besprekings en rolspele om werklike scenario’s te simuleer.
• Kweek veilige, respekvolle en bemoedigende leeromgewing wat kinders inspireer.
• Bystand met uitrol van vakansieprogramme en akademiese uitnemendheidskursusse.
Ligging: Klapmuts omgewing
Salaris: R30 000 - R60 000 per maand (verblyf, met krag en water ingesluit, word ook voorsien)
Doen asseblief aanlyn aansoek, ARVO sal in kontak wees indien jy 'n geskikte kandidaat is.
Beskou asseblief jou aansoek as onsuksesvol as jy nie binne 4 weke gekontak word nie.
You have successfully created your alert.
You will receive an email when a new job matching your criteria is posted.
Please check your email. It looks like you haven't verified your account yet. Here's what you're missing out on:
Didn't receive the link? Resend Verification Link